Oorlog sal nog 40 miljoen laat honger ly – meeste in Afrika

Die Verenigde State se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Linda Thomas-Greenfield, sê Rusland se inval in die Oekraïne sal veroorsaak dat ‘n verdere 40 miljoen mense voedselonseker sal raak en dat Afrika suid van die Sahara die swaarste getref sal word. Die Verenigde State het 4,5 miljard Amerikaanse dollar vir voedselsekerheid by die G7-beraad verseker, waarvan hy self 2,76 miljard dollar bygedra het. Afrika-regerings het grootliks draad gesit in die Europese konflik, en het geweier om by Westerse veroordeling en sanksies aan te sluit. Volgens Thomas-Greenfield wil Afrikane nie onder druk geplaas word om ‘n kant te kies nie. Terwyl energie, klimaatsverandering, die pandemie en konflik die hoofoorsake van wêreldwye voedselvoorsieningkwessies is, is die “verraderlikste bron” honger wat doelbewus as ‘n oorlogswapen gebruik word, het sy gesê.