Atletiek: Lythe Pillay wen goud in 400 m

Atletiek:  Lythe Pillay van Suid-Afrika het goud gewen in die 400 meter by Wêreld-atletiek se Onder-20-kampioenskappe in Colombië. Hy het sy persoonlike beste tyd van 45,28 sekondes opgestel met die Amerikaner Steven McElroy wat die silwer medalje ingepalm het en Ysuf Ali Abbas van Bahrein die brons. Yemi Mary John van Brittanje het die 400 meter vir vroue gewen. Pillay sê dit was ‘n moeilike pad na hy verlede jaar vierde gekom het, maar hy het optimisties gebly en die oorwinning nou was spesiaal.