Openbare Beskermer onder politieke druk oor Phala-Phala

Die Openbare Beskermer in Suid-Afrika is bekommerd oor openbare inmenging in die uitvoering van sy pligte. Die instelling het hom uitgespreek teen die politieke druk en eise dat bewyse wat deel vorm van sy voortgesette ondersoek teen President Cyril Ramaphosa, openbaar gemaak moet word. Die woordvoerder, Oupa Segalwe, sê die Openbare Beskermer is ‘n onafhanklike instelling wat slegs onderworpe is aan die Grondwet en die wet, en moet onpartydig wees in die uitoefening van sy magte.