Kawana spreek sy frustrasie oor korrupte polisielede uit

Die minister van polisie, dr. Albert Kawana, het sy teleurstelling uitgespreek oor die aantal sake waarby korrupte polisiebeamptes betrokke is met misdadigers. Hy sê dit is onaanvaarbaar dat diegene wat toevertrou is om misdaad te bekamp, terselfdertyd die skuldiges is. In sy mening maak die meeste korrupte polisielede hulle skuldig aan omkopery en vuurwapendiefstal. Hy sê skuiwergate moet toegemaak word. Hy het die aanmerkings gemaak by die polisieberaad wat tans op Rundu aan die gang is en vandag afsluit. Die mag het uitdagings geëvalueer om die pad vorentoe te baan en die mag te hervorm.