Tekort aan papier is iets van die verlede

Die situasie by Windhoek Stationers oor die vrees vir ‘n tekort aan papier is nou iets van die verlede, aangesien die situasie weer besig is om na normaal terug te keer. Dit volg nadat die erge vloede in KwaZulu-Natal die voorsieningsketting-uitvoer na verskeie lande, insluitend Namibië, beïnvloed het. Dominic Gresse een van die eienaars by Windhoek Stationers, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.