Leclerz van Ferrari spring eerste weg in Franse Grand Prix

Motorsport: Charl Leclerq van Ferrari is in die eerste wegspringplek vir vanmiddag se Franse Grand Prix, die 12de ronde van die F1 Wêreldkampioenskap vir 2022. Die heersende wêreldkampioen, Max Verstappen, van Red Bull is langs hom, gevolg deur sy spanmaat, Sergio Perez, in die derde plek. Die voormalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton begin in die vierde plek, in die 300ste wedren van sy loopbaan. Die tweede Ferrari, van Carlos Sainz, spring heel agter weg weens strafpunte.