Emmy-benoemings is bekend

Die HBO-reeks Succession het 25 Emmy-benoemings ontvang, insluitend dié vir uitstaande dramareeks en vir die hoofakteur, die Skot Brian Cox, se vertolking van die mediamagnaat, Logan Roy. Ted Lasso het 20 benoemings ontvang, onder andere vir beste komedie. Netflix se Squid Game, die Suid-Koreaanse drama oor klas, mag, rykdom en speletjies, spog met 14 benoemings. Dit maak dit die heel eerste reeks wat nie in Engels is nie, om die televisie-akademie se goedkeuring te ontvang. Stranger Things is 13 keer genomineer, onder andere vir uitstaande dramareeks. Die Emmy-seremonie vind op 12 September in Los Angeles plaas.