Trump het probeer om met getuies in te meng – Cheney

Die voormalige woordvoerder van die verregse militante groep in die VSA, the Oathkeepers, het tydens die sewende openbare verhoor van die gekose komitee wat die 6 Januarie-opstand ondersoek, getuig. Jason van Tatenhove sê hy het vinnig agtergekom dat as oudpresident Donald Trump bereid was om ‘n burger-oorlog te begin, dat daar geen perke aan hom is nie…

Intussen het die ondervoorsitter van die komitee Liz Cheney die skokkende onthulling gemaak dat Trump probeer het om ‘n getuie te kontak, toe sy die openbare sitting afgesluit het.