Vervaardiging in SA neem vir derde agteenvolgende maand af

Statistiek Suid-Afrika het onthul bedrywighede by fabrieke in die land het vir ‘n derde agtereenvolgende maand gedaal. Die jongste inligting toon vervaardiging het in Mei met 2,3 persent gedaal na nog ‘n afname in April. Die ekonoom, Chifi Mhango, sê die afname in sake-bedrywighede hou verband met die vloede in KwaZulu-Natal in April, die voortgesette kwessies rondom voorsieningskettings, sowel as die voortdurende kragonderbrekings: