TASA stel aanlyn-platform vir visum-aansoeke bekend

Die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, TASA, het sy aanlyn-platform vir visum-aansoeke in Windhoek bekend gestel. Hierdie privaatsektor-inisiatief is ontwikkel deur TASA om die verskillende soorte visum- en permit-aansoeke wat deur TASA hanteer word, vir verwerking by die Namibiese ministerie van binnelandse sake, namens die aansoeker in te dien. Toerisme-ondernemings en individue kan van hierdie aanlyn-platform gebruik maak. Nathaly Ahrens van TASA verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.