Speaker weier versoek om Phala Phala-diefstal te ondersoek

Die Speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ʼn versoek van die hand gewys om ʼn ad hoc-komitee saam te stel om bewerings oor die diefstal by President Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo, Phala Phala, te ondersoek. Die leier van die DA, John Steenhuisen, het versoek dat die komitee in terme van die reëls van die Nasionale Vergadering aangestel word. Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die speaker het die versoek van die hand gewys aangesien die verskillende punte wat deur Steenhuisen geopper is vir die parlement om in te gryp, eintlik geskik is vir die aandag van die bestaande parlementêre oorsigstrukture.