Wetenskaplike deurbraak vir asmalyers

Goeie nuus is op pad vir die wêreld se meer as 260 miljoen asmalyers ná ‘n wetenskaplike deurbraak. Australiese en Sweedse navorsers het bevind ernstige asmalyers het ‘n duidelike metaboliese profiel wat in hulle uriene opgespoor kan word. Die navorsers het urienemonsters van meer as 600 asmalyers in elf lande ontleed en gevind ‘n spesifieke soort chemiese profiel neem af by ernstige asmalyers. Die wetenskaplikes glo dié bevindings sal hulle help om doeltreffender behandelings vir die toestand te ontwikkel.