Sanco: Tavernes in towhships moet gereguleer word

Die burgerlike organisasie, Sanco, sê President Cyril Ramaphosa behoort maatreëls aan te kondig om tavernes in townships te reguleer. Sanco in Gauteng se provinsiale voorsitter, Chris Malematja, sê Ramaphosa moet streng reëls oor drankverkope afdwing en die wettige ouderdom vir die gebruik van alkohol moet verhoog word na 21. Sy mening volg op die dood van 21 tieners in die Enyobeni-taverne in Oos-Londen in die Oos-Kaap. ‘n Massa-begrafnis is Woensdag in Scenery-park gehou.