Junior Bokke pak Wallis in eindstryd

Rugby: Suid-Afrika pak Wallis in die eindstryd van die Onder-20 Sesnasies-somerreeks in Italië. Dit volg op Wallis se opwindende oorwinning van 23-20 oor die gasheer in Treviso. Die Junior Springbokke het vroeër al drie hulle groepswedstryde teen Engeland, Ierland en Frankryk gewen. Die afrigter, Bafana Nhleko, verwag ʼn reusestryd in volgende week se eindstryd.