Klein veranderinge nodig om Kyalami gereed te kry vir F1

Motorsport: Daar word uit Nederland berig Suid-Afrika staan op die punt om terug te keer na die Formule Een-almanak, met ‘n wedren op Kyalami in Johannesburg volgende jaar. Volgens die eienaars van die baan, Porsche Suid-Afrika, is geen kontrak nog opgestel nie. Die woordvoerder Christo Kruger sê net klein aanpassings sal nodig wees om Kyalami aan F1-standaarde te laat voldoen.