Lugredery se kaptein speel Tandemuis

‘n Kaptein van ‘n lugredery was die prins op die wit perd vir ‘n dogtertjie wat ‘n tand verloor het op ‘n vlug tussen Noorweë en Amerika. Die sesjarige Lena Larmon was baie omgekrap toe sy agterkom haar tand is weg toe sy en haar ma, Laura, by die bagasie-voerband aangekom het. Hulle is nie toegelaat om na die vliegtuig terug te keer nie, maar kaptein Josh Duchow het ingetree. Hy het ‘n briefie aan die Tandemuis geskryf om Lena se verknorsing uiteen te sit en gevra die nota moet in plaas van die tand aanvaar word.