Action Society wil weet ook seksoortreder-register

Action Society in Suid-Afrika het ‘n formele versoek aan die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste gerig vir inligting oor die huidige stand van die Nasionale Register vir Seksoortreders. ‘n Woordvoerder vir die groep, Rentia Mynhardt, sê verskeie instellings het bevestig hulle het terugvoering ontvang na hulle vir klaringsertifikate in verband met die register aansoek gedoen het. Die groep vra duidelikheid oor die aantal aansoeke vir klaringsertifikate wat ontvang is en uitgereik is. Die register is ingestel om die voorkoms van seksuele misdrywe teen kinders en geestelik gestremde mense stop te sit.