Voorbehoed en meisies onder 16… beter om te gee as te weier

Gesinsbeplanning is gratis by Namibiese hospitale en alle vroue en meisies bo 16 word toegelaat. Kinders onder die ouderdom van 16 word nie toegelaat nie, omdat hulle nie die wettige ouderdom is om seks te hê nie. Dit laat egter baie vrae ontstaan oor voorvalle van verkragting en meisies wat seksueel aktief is. Die vraag is of gesondheidsbeamptes gesinsbeplanning moet gee, en of hulle moet weier omdat die meisies minderjarig is. Tuwilika Kamati, senior gesondheidsprogram-beampte by die gesondheidsministerie verduidelik.