Amper 9 miljoen werksgeleenthede in die VSA geskep

Die skerp verhoging van 75 basispunte van die Amerikaanse rentekoers deur die land se reserwebank, bly in die nuus. Dit is die grootste sedert 1994 en die bank sê die stap is genoodsaak om inflasie, wat meer as 8 persent is, te beperk. Maar, intussen is miljoene nuwe werkgeleenthede geskep en die land se vervaardigingsektor ervaar ook ‘n herlewing. President Joe Biden sê sy beleid werk.