Ohangwena-onderwysdirektoraat bestee miljoene aan huur van kantore

Die Ohangwena onderwysdirektoraat bestee steeds jaarliks miljoene dollars om kantoorspasie by die Greenwell-kompleks in Eenhana te huur nadat die konstruksie van hul nuwe kantoorgebou tot stilstand gekom het. Tot dusver is meer as 30 miljoen Namibiese dollar deur die onderwysministerie betaal vir die huurruimte wat deur die Ohangwena-direktoraat beset word. Die direktoraat huur sedert 2012, en hul nuwe kantoor sou na verwagting in Maart 2020 voltooi wees, maar die destydse aangestelde kontrakteur het nie sy beloftes nagekom nie. Ohangwena se streeks-onderwysdirekteur, Isak Hamatwi, het gesê die direktoraat betaal tans 370 000 dollar per maand aan huurgeld. Volgens hom het die ministerie nou vir August 26 aangestel om met die konstruksiewerk voort te gaan.