NVG: Tweede dossier in Senzo Meyiwa-moordsaak het geen meriete

Die Nasionale Vervolgingsgesag se Gautengse woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê die tweede dossier in die Senzo Meyiwa-moordsaak wat die sanger Kelly Khumalo en ander betrek, was slegs die interne mening van ‘n junior staatsadvokaat. Sy het in die hooggeregshof in Pretoria reageer nadat die advokaat Zandile Mshololo, wat beskuldigde nommer vyf verteenwoordig, verlede week ‘n uitstel versoek het om genoeg tyd te hê om die dossier te bestudeer.