NamRA stel môre sy funksies en dienste in Windhoek bekend

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, is vasbeslote om sy funksies en dienste aan sy Namibiese belanghebbendes bekend te stel en daarom gaan hulle deur die streke van die land reis om dit te doen. NAMRA sal môre met belanghebbendes in Windhoek by die Nasionale Teater van Namibië vanaf tien-uur die oggend tot die middag vergader. Steven Ndorokaze, hoof strategiese kommunikasiebeampte van NamRA gesels met Kosmos 94.1 Nuus.