Richelieu Eagles wen CastleLite-reeks teen Hongkong

Die Richelieu Eagles het koning gekraai in die CastleLite-reeks teen Hongkong. Die Eagles het in die derde eendagwedstryd met sewe paaltjies en 68 balle nog oor, geseëvier. Lohan Louwrens van die Eagles is as die speler van die wedstryd aangewys met sy 111 lopies uit 115 balle. Zane Green het ook presteer met sy 60 lopies uit 68 balle. Die span het al drie wedstryde oortuigend gewen.