Ryanair: DA sê dis ANC se skuld

Die DA sê dis belaglik om Suid-Afrikaanse burgerskap te toets aan die vermoë om Afrikaans te praat. Dit volg nadat Suid-Afrikaners versoek is om ‘n algemene kennis-toets in Afrikaans af te lê voordat hulle aan boord van vlugte van die Britse laekoste-lugredery, Ryanair, mag gaan. Die redery sê die maatreël is ingestel om die gebruik van vervalste paspoorte te keer. Die DA-woordvoerder, Manny de Freitas, sê die probleem is dat die ANC-regering nie streng genoeg prosesse het om Suid-Afrikaanse paspoorte se integriteit te verseker nie: