Jeremia van Wyk pleit skuldig

Jeremia van Wyk, 52, se verhoor op klagte van verkragting sal volgende week Maandag in die hoërhof voor regter Naomi Shivute hervat nadat hy skuldig gepleit het. Die staat het geweier om sy pleit op die verkragting klag te aanvaar maar, het dit op die klag van ontvoering, aanvaar. Die saak het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur omdat hy vermoedelik ‘n kleuter by haar kleuterskool ontvoer het op 1 Augustus 2019. Die dogtertjie, vyf jaar oud, is bekend aan hom. Hy het gesê hy was onder die invloed van drank en dwelm tydens die insident. Die kind was volgens berigte meer as agt ure in sy geselskap voor sy saam met hom in ‘n kroeg gevind is.