N$183 miljoen vir Nasionale Beplanningskommissie begroot

Die Nasionale Beplanningskommissie het 183 miljoen Namibiese dollar in die begroting gekry om sleutel-aktiwiteite van die NDP6, Visie 2030 en ekonomiese ontwikkeling te implementeer, volgens die minister in die presidensie, Christine Hoebes. Onder die Nasionale Beplanningskommisie sal die Namibiese Statistieke-agentskap sowat 94,4 miljoen Namibiese dollar ontvang om hul mandaat te vervuil. Meer as 11 miljoen dollar sal toegeken word aan die ekonomiese beplanningsprogram vir sosio-ekonomiese ontwikkeling.