Plaaslike ekonoom sê olieprys sal aanhou styg midde Russiese-Oekraïnse konflik

‘n Plaaslike ekonoom het gereageer op die olieprys wat vanoggend vanaf ongeveer 118 Amerikaanse dollar na tot net onder 130 dollar ‘n vat gestyg het. Verskeie ekonome voorspel dat die brandstofprys tot 40 Namibiese dollar of Suid-Afrikaanse rand kan styg. Ekonoom Cheryl Emvula sê aan Kosmos 94.1 Nuus die olieprys sal aanhou styg solank die konflik in Rusland en die Oekraïne onopgelos is.