Adv. Williams sê saak teen Albert Fritz is geregverdig

Die onafhanklike ondersoeker in die saak van Albert Fritz, Jennifer Williams, sê die gevolgtrekkings in die finale verslag moet sensitief hanteer word. Sy het die staande komitee oor gemeenskapsveiligheid, kulturele sake en sport vandag oor haar bevindings ingelig. Williams sê die bewerings teen Fritz gaan oor gebeure wat tussen Februarie 2018 en Februarie verlede jaar plaasgevind het. Sy sê die bewyse in die vorm van video’s en Whatsapp-boodskappe wat verskaf is, bevestig voldoende geloofwaardigheid, wat nie buite rekening gelaat moet word nie. Williams verduidelik die aantygings.