SA ambassadeur in Oekraïne vlug uit Kiëf

Suid-Afrika se ambassadeur in die Oekraïne, André Groenewald, sy gesin en ander diplomate het uit Kiëf padgegee. Rusland waarsku die inwoners om die Oekraïense hoofstad te verlaat aangesien hy ‘n aanslag beplan. Groenewald het aan Suid-Afrikaanse media gesê hy reis saam met sy vrou en drie seuns in ‘n konvooi.