Onderwysdepartement ondersoek dwelmmisbruik en afknouery in Noordwes

Die onderwysdepartement in die buurland doen stappe om aandag te gee aan middelmisbruik en afknouery in skole in Noordwes. Die departement het ‘n opleidingsvergadering met skoolhoofde, adjunkhoofde, departementshoofde en skole se veiligheidsbeamptes gehou. Volgens die woordvoerder Elias Malindi het die intensiewe opleiding ten doel om senior skoolbestuur in die provinsie toe te rus met die nodige kennis om hierdie uitdagings te kan hanteer.