Oekraïnse President spreek vandag Europese parlement toe

Die Oekraïense President, Wolodimir Zelensky, gaan die Europese parlement vandag per video-skakel toespreek, terwyl sy land veg om die Russiese magte wat die land binneval, te stuit. Die hoof van die parlement, Roberta Metsola, het op Twitter gesê Zelensky sal inskakel en by EU-wetgewers aansluit wanneer hulle vanmiddag oor die oorlog debat gaan voer. Intussen het die Franse energie-reus, TotalEnergies, aangekondig hy gaan te midde van die inval in Oekraïne nie langer kapitaal voorsien vir nuwe projekte in Rusland nie. Hy het egter nie onttrek aan huidige projekte nie.