NIMT kan eers Vrydag salarisse betaal

Die Namibiese Instituut van Mynwese en Tegnologie het steeds nie hul werkers vir Februarie betaal nie. ‘n Interne memorandum in Kosmos 94.1 Nuus se besit toon dat die instituut poog om fondse te bekom om die betalings te kan maak, wat teen die komende Vrydag voltooi sal wees. Dit is nie die eerste keer wat so iets gebeur en daar was ook vertragings verlede jaar. Ralph Bussel, die instituut se uitvoerende direkteur sê die geld sal teen Vrydag betaal word.