Rooikruis vra vir N$1,4 miljard vir hulp vir Oekraïne

Die groot uitwerking van Rusland se inval op die Oekraïne duur voort – nie net op die res van die wêreld nie, maar op Moskou self. In een van die jongste stappe, het die Internasionale Vlugbal-federasie besluit die land gaan nie meer in Augustus en September die Wêreldkampioenskap nie. Rusland het reeds ook ander groot sportgeleenthede verloor. Honderde Oekraïense toeriste is in Zanzibar gestrand, nadat hulle vaderland sy lugruim vir burgerlike lugvaart gesluit het. Die Rooikruis het intussen ‘n beroep gedoen vir meer as 4,1 miljard Namibiese dollar se hulp vir die Oekraïne.