Oekraïne-krisis het impak

Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê die impak van die konflik tussen Rusland en Oekraïne op Suid-Afrika sal tweeledig wees, op finansiële markte én die werklike ekonomie. Die president van Rusland, Vladimir Putin, het gister Russiese soldate in twee wegbreek-streke in Oos-Oekraïne ontplooi nadat Rusland hul onafhanklikheid erken het. Meer as honderd soldate en Oekraïense burgerlikes is sover dood. Roodt sê oorlog is nooit goed nie, veral nie vir ontluikende markte nie: