Almal wys vinger na Putin

Die Britse minister van verdediging Ben Wallace sê die Russiese president, Vladimir Putin het internasionale verdrae oortree met sy inval in die Oekraïne.

Internasionale media maak nie melding van die oorweging deur die Oekraïne om by Navo aan te sluit nie. Die Minsk-ooreenkoms, waarvan die tweede fase tot dusver nie ten volle geïmplementeer is nie, maak staat op die Oekraïne se neutraliteit.