Laer mielieoes? Nie noodwendig nie…

Simonis Storm voorspel dat Namibië ‘n verlaging in mielieproduksie kan verwag. Weens die laat reën in sommige dele, het minder boere in die Mieliedriehoek mielies in die begin van die jaar geplant as in 2021, met Februarie wat te laat is om mielies te plant. Reën het ook nie oral in die Noorde geval vir boere om mahangu te plant nie. Loide Wahenga akkerboubestuurder by die Namibiese Akkerbouraad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.