Akteur looi Disney oor die 7 dwergies

Na kritiek deur Peter Dinklage, die bekende akteur van Game of Thrones wat Tyrion Lannister vertolk het, het Walt Disney gesê hy sal ‘n ander hoek neem in die vervaardiging van sy nuwe Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies-rolprent. Dinklage sê die feit dat ‘n Latina-aktrise die hoofrol sal vertolk word verwelkom maar, dat die maatskappy dink dis aanvaarbaar om sewe dwergies wat in ‘n grot bly so in 2022 uit te beeld is belaglik en aanstootlik. Die maatskappy vervaardig ‘n nuwe weergawe van die 1937 rolprent van die feëverhaal. Terwyl geen besonderhede bekend gemaak is nie, sê Disney hy konsulteer met rolspelers in die verband. Die rolprent sal volgens berigte volgende jaar vrygestel word.