Vandalisme by skole ook plaaslik ‘n probleem

Die Namibiese onderwysministerie het bevestig dat vandalisme ook in Namibiese skole voorkom. Dit volg op die nuus dat meer as 30 Wes-Kaapse skole tydens die vakansie deur vandale geteiken is. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp, sê die meerderheid van gevalle kom aan die einde van die jaar voor. Sy voeg by dat gemeenskapslede ook skole teiken.