Nascam loop onder kritiek deur

Namibiese kunstenaars is verward oor kopiereg en intellektuele eiendom en waarom dit belangrik is om hul werk by die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outers van Musiek, Nascam, te registreer. Nascam se uitvoerende hoof, Eino-John Max, sê Nascam administreer die regte van outeurs, komponiste en uitsaaiers, en het tans meer as 7 000 geregistreerde kunstenaars. Maar, Nascam het baie kritiek uitgelok nadat dit aan die lig gekom het dat sommige kunstenaars 78 sent tantieme verdien het. Die gewilde DJ, Dj Am Busy het aan Kosmos 94.1 gesê miskien doen Nascam nie sy werk nie.