Stormers en WP sal gelyktydig in ’22 meeding

Die Stormers en Westelike Provinsie sal volgende jaar vir die eerste keer terselfdertyd kompeterend meeding. Kenners meen dit sal aan omtrent elke speler ‘n kans gee om te wys wat hy kan doen. Die hoofafrigter van die Stormers, John Dobson, sê die spelers en afrigters is vasberade om sterk terug te veg na hul teleurstellende nederlaag teen die Lions vroeër vandeesmaand. Die hoofafrigter van Westelike Provinsie, Jerome Paarwater, sê die manier waarop die oefengroepe in die toekoms saamwerk, sal deurslaggewend wees.