Khomas lei in herinfeksies, gevalle daal in SA

Die jongste Covid syfers van 970 nuwe gevalle uit 2 753 toetse, sluit 88 herinfeksies in, met dié meerderheid in die Khomas-streek op 34,1 persent. Onder die nuwe gevalle is daar 56 leerders, 33 gesondheidswerkers, 12 studente en vyf onderwysers. Aktiewe gevalle is tans op 7 132 waarvan 189 pasiënte in die hospitaal is met 14 in hoësorg. Die hoeveelheid gehospitaliseerde gevalle het met 14 in 24-uur gestyg. Net minder as 335 000 persone is ten volle ingeënt. Volgens die jongste berigte neem gevalle af in Suid-Afrika met net meer as 16 000 wat bevestig is teenoor die meer as 24 000 in die vorige 24-uur. Dit is nie bekend of toetsgetalle oor die naweek ‘n invloed gehad het nie.