Ministerie ondersoek ‘olie’ by Vaalgras

Die Namibiese energieministerie ondersoek die ontdekking van ‘n donker vloeistof wat soos olie lyk, nadat die naweek by Klein Vaalgras boorwerk vir water gedoen is. Die woordvoerder van die ministerie, Andreas Simon, sê die ministerie het verteenwoordigers na Vaalgras gestuur om verdere ondersoek in te stel.