Omikron neem oor in Brittanje

Die Verenigde Koninkryk se gesondheidsminister, Sajid Javid, sê die Covid-19 Omikron-variant versprei vinnig en sal binne die volgende 48-uur die oorheersende variant in Londen wees. Hy sê die variant verteenwoordig meer as 20 persent van die gevalle in Engeland, maar in Londen is hierdie syfer reeds meer as 44 persent. Daar is tans tien mense in Engeland wat met Omikron in die hospitaal opgeneem is. Javid sê die nasionale veldtog om meer mense in te ent en versterkdosisse te gee, bied uitdagings: