Verligting vir mediese personeel met lae Covid-gevalle

Daar is ‘n blaaskans vir mediese personeel en voorstelinie-werkers met Covid-gevalle wat op die oomblik baie laag is en druk op hospitale wat verminder het. Die gesondheidsministerie het Dinsdag gesê daar is geen Covid-pasiënte in hoësorg nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die pulmonoloog dr. Willie Bruwer gepraat en hy meen dat almal steeds versigtig moet wees.