Afvalbestuur kry aandag in Etosha

Namibia Wildlife Resorts, die omgewingsministerie en die Hai-//om-gemeenskap het ‘n soliede afval-span in die Etosha Nasionale Park gevestig. NWR het ook Boomplantdag in Etosha gevier en 40 bome by Okaukuejo geplant, asook 25 bome by Olifantsrus en 14 by Namutoni. NWR se omgewingspesialis, Fransiska Nghitila, verduidelik die kwessie oor soliede afval.