Jeff Bezos wil kommersiële ruimtestasie bedryf

Jeff Bezos sê hy wil teen die einde van die dekade ‘n kommersiële ruimtestasie bedryf. Die stigter van die Amerikaanse tegnologie-reus Amazon se ruimtetoerisme-maatskappy, Blue Origin, sê hulle sal saam met Sierra Space en Boeing werk om Orbital Reef van byna 10 000 vierkante meter te bou. Dit sal ‘n sakepark vir gemengde gebruik in die ruimte wees wat tot tien mense kan huisves en ‘n ruimtehotel insluit. Volgens die maatskappy sal Orbital Reef ideaal geleë wees om rolprente in mikro-swaartekrag te maak en moderne navorsing te doen.