VF+ veroordeel Krieket SA se kniel-opdrag aan Proteas

Die VF+ sê Krieket Suid-Afrika se besluit om die Proteas te verplig om voor elke T20-wêreldbekerwedstryd te kniel in solidariteit teen rassisme is skynheilig en politieke inmenging van die grofste aard. Die party het in ‘n verklaring gesê dit sal sport oor die algemeen en krieket in besonder in Suid-Afrika onmeetbare skade aanrig. Volgens die party sal hy ʼn skrywe hieroor aan KSA rig om ten sterkste beswaar aan te teken.