Kommissaris Sam Shivute van NamRA verduidelik samewerkingsooreenkoms met Bipa

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se kommissaris Sam Shivute sê daar was voorheen ‘n samewerkingsooreenkoms tussen die ministerie van finansies en die Besigheid en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa. Hy het ‘n vergadering met bestuurders van Bipa gehou en ‘n samewerkingsooreenkoms is tussen NamRa en Bipa onderteken. Bipa se waarnemende uitvoerende hoof, Aina Kaundu, sê hulle sien uit daarna om saam met NamRA te werk. Shivute verduidelik die samewerkingsooreenkoms.