Dr. Dickason wil onskuldig pleit

Die regspan van die Suid-Afrikaanse dokter wat in Nieu-Seeland aangekla word van moord op haar drie dogters, het volgens berigte aan die Hoërhof in Christchurch gesê sy is van plan om skuld te ontken. Die saak teen die 40-jarige Lauren Anne Dickason is tot 17 Desember uitgestel vir ‘n hersieningsverhoor en sy bly in aanhouding in die Hillmorton-hospitaal. Media berig die hof is vandag ingelig die verdediging en die staat reël onafhanklike sielkundige verslae. Die verhoor is reeds geskeduleer vir Maart 2023.