Tweedehandse voertuie word ook duurder

Namibiese voertuigverkope vir September het met 12,2 persent gedurende die maand gedaal, terwyl groei van 30,2 persent in Augustus aangeteken is. Die syfers word saamgestel vir die verkope van nuwe voertuie, maar wat van tweedehandse motors? Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Simonis Storm gepraat.